Die Laerskool Brits Gemeenskap Netwerk is 'n oop groep vir alle Oudleerlinge, Onderwysers, Ouers en ander Belange Groepe. Hierdie groep is informeel en het ten doel om sommer net kennis te maak, interaksie binne die gemeenskap te stimuleer, en om allerlei interessante informasie, nuusbrokkies, foto’s en meer onderling te deel.